Vir meeste mense is Osoon Tegnologie nog ‘n vreemde nuwe gier, al is dit vir meer as ‘n honderd jaar ‘n onderwerp van navorsing en bespreking in die mediese en terapeutiese velde. Trouens, in 1896 het Nikola Tesla die eerste Osoon generator gepatenteer, en voor dit was Osoon gebruik om water en wonde te ontsmet.

Osoon en Osoon Tegnologie het onlangs meer wydverspreid geword, aangesien kundiges meer en meer kyk na Osoon, en die potensiële en mediese voordele daarvan.

Wat is Mediese Osoon Tegnologie?

Dit is ‘n vorm van alternatiewe Tegnologie wat die hoeveelheid suurstof in die liggaam kan verhoog deur die bekendstelling van osoon deur middel van verskillende metodes en toerusting.

Osoon self is ‘n element wat die liggaam kan detoksifiseer, nuwe en gesonder selle, organe en weefsels kan bou en, onder meer, pyn kan verlig, inflammasie kan verminder, en patogene kan doodmaak. Trouens, Osoon het getoon dat dit ‘n merkwaardige impak op meer as 250 sieketoestande het.

Die beste deel? Osoon Tegnologie het min, of geen newe-effekte!

Osoon Tegnologie kan die algemene gesondheid en welstand van jou liggaam verbeter, en jou lewenskwaliteit aansienlik verbeter.

Wat is Osoon?

Hier is waar meeste mense wat belangstel in Osoon Tegnologie hulself dikwels verloor in al die tegniese verduidelikings oor wat presies Osoon is. Vir meeste strek hul bewustheid van Osoon tot die bestaan van ‘n Osoonlaag wat ‘n rol speel in die beskerming van die aarde – maar daar is soveel meer om te weet.

Op ‘n chemise vlak is osoon suurstof (O2) met ‘n ekstra molekule bygevoeg (O3). Osoon is suurstof met ‘n hoër energievlak wat dit onstabiel en hoogs reaktief maak. Die Osoon wat in die atmosfeer bestaan word natuurlik geproduseer, en dit trek besoedelende stowwe nader as gevolg van Osoon molekules se lading. Dit poog dan om hierdie stowwe te oksideer, en die lug so skoon te maak. Osoon word ook deur weerlig naby die grond geskep. Die vars reuk in die lug na ‘n storm is eintlik die osoon wat tydens die interaksie gevorm het.

Hoekom Werk Osoon Tegnologie?

Osoon Tegnologie fokus op die kern oorsaak van meeste hedendaagse siektes en toestande. Hierdie oorsaak, soos bewys deur die tweedmalige Nobelprys Wenner, Dr. Otto Warburg, is hipoksie, of, suurstofhongersnood op ‘n sellulêre vlak. Hipoksie is die oorsaak van verskillende degeneratiewe siektes soos artritis, aterosklerose, veelvuldige sklerose, rumatiek, kanker, ens.

Navorsing toon dat die vlakke van skoon, asemhaalbare suurstof oor die jare dramaties gedaal het. Omdat ons liggame nie die hoeveelheid suurstof kry wat dit benodig nie maak dit ons fisies en verstandelik aan siektes kwesbaar.

Osoon Tegnologie werk direk om hoër vlakke van suurstof in die liggaam in te kry, en dien beide as ‘n terapeutiese instrument vir die voorkoming van siektes, sowel as ‘n manier om gesondheid te verbeter.

As jy meer wil weet oor Osoon Tegnologie en wat dit vir jou kan doen, kontak ons om meer uit te vind!

Categories: Uncategorized

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *